Wednesday, September 21, 2005

 

Potgooi 11

Die Attie & Lené show: Episode 11

Ons gesels oor Kyknet/Kuduclub se JA, Hoekom ons en ander Londen toe kom, Wolf Brother, Londen dieretuin, Flickr, Google Blog Search en nog meer.

Verwysings:
Instruksies & rss feed is bo-aan die bladsy.

Comments:
Net 'n paar opmerkings oor Suid-Afrikaners in die buiteland en die houdings waaroor julle gesels het.

Ek dink ons as Afrikaners het al 'n baie ver pad gekom.

Ek gesels nou die dag met my ouers oor die hele Zola Budd herrie van jare gelede. Onthou julle hoe sy gekruisig is omdat sy Britse burgerskap wou kry om aan die Olimpiese Spele deel te neem?

Ek dink enige iemand wat die geleentheid het om hulle "twee jaar diensplig" in London te doen moet die geleentheid aangryp.

Ek raak baie opgewerk oor mense in my sosiale kring wat geen begeerte het om oorsee te gaan nie, maar eerder die geld aan leersitplekke in hul nuwe motors spandeer.

Verder dink ek dat diegene wat Suid-Afrikaners in die buiteland veroordeel meestal jaloers is, en hulle jaloesie spruit uit hulle frustrasie met hulself omdat hulle nie uit hulle comfort zones kan beweeg nie.
 
As ek vir "Dan Roodt" op Google soek kry ek baie verwysings.
 
Mooi goedoen, mense! Dankie dat julle my die skakel gestuur het.

Ek sal vir jou sê wat, ek het ook niks teen Suid-Afrikaners in die buiteland nie. Ek dink reis is lekker; as 'n mens ander lande kan gaan sien, waarom dan nie? In elk geval, ek beplan om vir 'n paar jaar my familie in Holland te gaan besoek.

"Keep up the good work!"
 
Post a Comment



<< Home

This page is powered by Blogger. Isn't yours?