Sunday, October 09, 2005

 

Potgooi 13

Die Attie & Lené show: Episode 13

Ons gesels 'n bietjie oor Suid Afrikaanse- en werêldnuus, 'n paar techie goed en bespreek SA se negatiewe beeld in die Britse media.

Verwysings:
Instruksies & rss feed is bo-aan die bladsy.

Comments:
Ek sit en luister hier na julle potgooi in Amerika en dis heerlik om na 'n Afrikaanse gesprek te luister!

Julle vra of "Halloween" werklik so groot is hier in Amerika...Ja, dit is. Heelwat meer as in Engeland of Suid-Afrika. Ons is in California waar dit dalk bietjie minder opsigtelik is omdat dit so 'n diverse staat is. Maar die hele wereld is nietemin in Oktobermaand vol pampoene op die oomblik. Hier is ook baie "pumpkin patches" en pampoen feeste. Die 30ste Okt. loop die strate vol kinders met kostuums en "trick or treat". Mense versier ook hul huise heel mooi - veral aan die ooskus en ander state van Amerika.

Ek is nie self 'n groot aanhanger van Halloween nie. Die pampoen feeste ens. is heel lekker, maar die aand van Halloween kan soms bietjie te "donker" raak - wat nie regtig positief is vir klein kindertjies of volwassenes nie. Daar is oulike kostuums ens. wat van die kinders aantrek, maar van die ander kostuums is baie "scary"..

Ek is nie as Christen gemaklik met van die kostuums of gebruike wat daarmee saam gaan nie...Ek dink Halloween verskuif so maklik die fokus van wat werklik prioriteit in ons lewens moet wees...Dit voel soms soos net nog een dag waarin ek stroom-op moet beweeg in die samelewing...
 
Julle moet die Britse media daaraan herhinder dat die britte die oorsaak was van die grootste ellende in al die voormalige Britse kolonies, insluitende SA. Vat hulle aan julle, ekstem saam dat dit snert is dat SA in die teiken bly oor goed wat wereldwyd voorkom.
 
Post a Comment



<< Home

This page is powered by Blogger. Isn't yours?