Sunday, November 13, 2005

 

Potgooi 16

Die Attie & Lené show: Episode 16

Attie blaas stoom af oor Afrikaanse skole en ons gesels oor 'n paar nuwe rugby sites, die Sony Bravia advertensie, Clapham vuurwerke en 'n hele klomp techie goed.

Potnotas:Instruksies & rss feed is bo-aan die bladsy.

Comments:
Mense:

Ek is n Boer en trots daarop! Ek sal nooit my Afrikanerskap prysgee nie, al woon ek hier in Amerika. My Hollandse pelle het juis gister vir my gese hoe mooi ons taal en geskiedenis vir hulle is, veral omdat ons so hard teen die Rooinekke baklei het om ons taal en kultuur te laat geld! Nee wat Cybersakkie, vir jou verleentheid sien ek nie kans nie! VIVA AFRIKAANS!!!!!!!!!!!
 
Soos ek reeds al my mening gegee het oor die Afrikaans, ek dink dit was op Boerseun se saait, se ek kortliks weer, dat ek glo 'n kind moet in sy moedertaal onderrig word gedurende de vormingsjare, ten minste.

Attie en Lene, julle sal moet spring as julle nog julle kinders in Afrikaans wil laat skoolgaan. Daai droom mag dalk een van die dae uitgewis wees hier in SA, soos wat dit deesdae gaan met die miskenning van die taal as onderrig medium. Tensy jou kinders binne die volgende jaar of twee skooltoe gaan, glo ek nie hier gaan meer een Afrikaanse skool oorwees in SA nie, asook geen handleiding in Afrikaans vir homeschooling nie.

Om jou 'n idee te gee. Afrikaanse mense, en nie noodwendig regse elemente nie, het 'n fees gereel vir Pretoria se 150 ste verjaarsdag, en ook die moeite gedoen om die Burgemeester uit te nooi. Wat gebeur toe. Die Burgemeester verwerp die uitnodiging asook wil gladnie erkenning gee aan die fees nie, en sal sy eie ding reel, wat nie 150 jaar se bestaan nie, maar 11 jaar se bestaan van Pretoria sal gedenk. EN DIT NET OMDAT DIT AFRIKAANSES WAS WAT DIT GEREEL HET!!

Ewe skielik word daar 'n grondeis teen ORANIA ingestel, ens, ens.
 
Viva!

Ek is ook trots op om 'n Afrikaner te wees. Net soos wat ek trots is om 'n Suid-Afrikaner te wees. Dis goed om te hoor daar is ander mense wat sterk voel oor die situasie.

Ek dink Cybersakkie het die ene verkeerd gekry, maar hy's n' baie goeie ou, so moenie te hard op hom wees nie.
 
Hallo daar vannuit Nieu-Seeland. Anien, my vrou, en ek geniet julle podgooi vreeslik. Moenie op hou nie!

Attie, ek is bly jy verskoon darem ons wat ver van Afrikaanse skole is!
 
Kraai,

Ek is ook geensins Regs nie, maar ek dink die politici, Petoors se burgermeester byvoorbeeld, maak 'n fout as hulle die Afrikaanses so ignoreer. Dit is nie 'n dreigement of enigiets nie, maar ons kan baie bydra tot SA. Hoekom wil hulle ons so alienate? Ek dag almal wil nou aan beweeg.

Jy moet nie NOG druk op ons sit om kinders te kry nie - die skoonfamilie doen dit al genoeg daarvan :)
 
"...ek is nie 'n Hanskakie nie!". Attie, my Pa sou trots op jou gewees het!
 
Is jy die Attie Heunis van Grahamstad? As jy was dan ken ek jou. Ek is Marius en ek was in jou koshuis. Almal het altyd gedink jy't 'n groot bek en kyk wat maak jy nou. Net 'n grappie hoor.

Maar ek stem saam met wat jy sê. Goed gaan.
 
Oor die fotografie: Ek dink dat deesdae se digitale wereld dit vir mense makliker maak om goeie foto's te kan neem, maar ek dink daar is nog steeds 'n kwessie van talent en 'n oog om die beste foto's te neem.
 
Hier is die nuutse van Sony se stront...

http://www.upsrow.com/sonybmg/

Ek dink ons moet maar begin om die "small print" te lees, net soos ons doen op kosprodukte.
 
Post a Comment



<< Home

This page is powered by Blogger. Isn't yours?