Wednesday, December 14, 2005

 

Potgooi 18

Die Attie & Lené show: Episode 18
Gorillaz, Dubya, ProtoPage, Roland Schoeman, TWiT en nog meer.

Potnotas:Instruksies & rss feed is bo-aan die bladsy.

Comments:
Vertel ook vir die ou wat Afrikaans leer, hy kan ook gaan kyk by www.afrikaans.us waar hy gratis lesse in Afrikaans kan kry.
 
Kraai, ek ken goed afrikaans.us en het met ander leerlinge op sy gesels hoekie gepraat en raad gedeel. Ek het Afrikaans omtrent agt jaar gelede begin leer so soek ek nou geleenthede om dit te oefen of ander mense wat dit praat of leer.

Attie en Lené, dit was 'n mooi verrassing om my naam op jou potgooi te hoor! Ek het 'n e-pos aan julle gestuur met 'n bietjie meer inligting oor ons groep in Londen as julle of enige luisteraars ons wil byvoeg.
 
Alexander

Jy is regtig uitsonderlik, omdat jy bereid is om Afrikaans te bly oefen. As Attie my gaan toelaat, wil ek jou ook graag uitnooi om op ons geselsforum te kom registreer, en saam gesels daar oor enige onderwerp. As jy op my naam klik, sal jy reguit soontoe gaan. Sien uit daarna om jou daar ook te sien oefen.

Dankie Attie, vir die klein ad hier op jou site vir ons geselsforum, ek sal nie weer spam nie, hoor.
 
Kraai

Dankie vir die uitnodiging. Ek sien baie daarna uit omdat dit belangrik is om oor ander onderwerpe te gesels wat Afrikaans betref. Maar eers moet ek die geselsforum op jou blad vind om daarop te registreer!

Ek het ook 'n paar van jou uitsaais na my iPod afgelaai sodat ek daarna kan luister as ek in die stad loop.
 
Alexander, klik net op my naam: "kraai said", hier bo in die blou link, en jy is daar.

Just clic on my linked name "kraai said" above this message, and you will be entering the kraaiforum.
 
Kraai

Baie dankie vir die verduideliking - soms is ek so dom met rekenaars! Ek het net nou geresigistreer.
 
Nee man ou At, vir n oomblik het ek so bietjie geworry toe jy dink of jy een van my skandes moes vertel...Ek was bang julle troue gaan weer opkom...hahahaha. Ek is bly om te sien jy dink ook nie veel van die Bush-family nie...ek laaik hulle net mooi niks.
 
Post a Comment



<< Home

This page is powered by Blogger. Isn't yours?