Thursday, February 02, 2006

 

Potgooi 20

Die Attie & Lené show: Episode 20

Ons is uiteindelik weer op die lug. Ons wei maar net die nuwe jaar in.

Potnotas:

Kalahari Gemsbok Park photos
Ricky Gervais podcast

Laat weet van julle!

Comments:
Welkom terug op die lug. Ons almal het grootgeword met die woorde: "Jy moet 'n job kry!"

Die Chinese is egter nader aan reg. Die kultuur van ons denke moet verander, vanaf: "Jy moet 'n job kry" na "Ek wil vir myself werk"

Ek is oppad soontoe, en miskien moet Lene ook in daardie rigting dink? Salaristrekkers word nooit ryk nie. Terwyl jy 'n salaristrekker is, gebruik dit tot die groter doel, om vir jouself te werk. Eendag, miskien gouer as later, sal ek ook daar uitkom.

Ek hoop Lene kom gou reg.
 
Die fotos is brilliant! Vertel ons bietjie meer van jou toerusting asb?
 
Cybersakkie, soos Lené sê "jy weet watter knoppies om te druk"!

My kamera is 'n Nikon D70. My lense is die standaard (maar baie goeie) Nikkor 18-70mm F3.5-F5 en die uitstekende Tamron 200-500mm F3.5-F6.3. Ek was 'n bietjie onseker oor die spoed van die lens - in die UK het hy 'n bietjie gesukkel met die min lig. Maar in SA was dit 'n droom.

Die laaste ding wat ek baie kan aanbeveel is 'n Pro-Beanbag. In 'n kar is hulle baie baie goed. Ek het ten duurste 'n tripod gekoop en ek het 2 uit 400 fotos met hom geneem. Die beanbag het my net £17-00 gekos en omtrent 350/400 fotos met hom geneem.

As die ekstra finansiële druk nie te erg is nie (nudge nudge wink wink) dan sal die Nikkor 18-200mm volgende op my lys wees.
 
haha...funny...ek het in dieselfde argument betrokke geraak met my suster se kind...in engels is sy my niece maar in Afrikaans is sy my SUSTER SE KIND...hahaha...
 
Post a Comment



<< Home

This page is powered by Blogger. Isn't yours?