Thursday, February 09, 2006

 

Potgooi 21

Die Attie & Lené show: Episode 21

Op die vooraand van die 1ste game van die Super 14 lei Thinus Delport in die nuwe seisoen in.

Comments:
audio comments
 
Ek is luister getrou elke week na die show. My suster se naam is ook Lené en dis hoekom ek in die eerste plek begin luister het. Dis was regtig cool om die interview te hoor alhoewel ek Lené se pittige sêgoed gemis het.
 
Thanks vir die comments julle.

Boerseun, ek sal vir Thinus laat weet van jou comments/vra.

Anon, pittige sêgoed is beslis my Lené se speciality!
 
Attie en Lene:

Dit was nou n stunning potgooi. Ek het regtig nie besef hoe baie ek rugby mis nie!!

BAIE DANKIE. MEER IS WELKOM!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Ingrid in Cincinnati, OH, VSA
 
net so n vinnige paar woorde om julle te laat weet dat ek julle potgooi baie geniet.

Nes julle is ek ook n Oos Kapenaar, wat in Kirkwood (naby Uitenhage en Addo is) en toe later na Colechester / Cannonvile (Sondags Rivier Mond) getrek het, en van daar af P.E. toe is. Het ook baie tyd op Boesmans spandeer by vriende van ons wat n strandhuis daar het.

Ek bly in Teddington saam met my vrou, Francesca, en my dogter Anja, en soos ek verstaan is julle net oor die kop van ons af in Wimbledon. Ons is al amper 7 jaar hier, en op die oomblik dink ek self sterk daaraan om terug te gaan Suid Afrika toe, maar ons sal maar sien hoe werk die planne na die einde van die jaar toe.

Daai laaste potgooi oor die rugby was bakgat gewees, en veral geniet om te hoor wat Thinus te se het. Hy kom self van Kirkwood af, en ek kan ondou dat toe hulle under 9's gespeel het, het my pa (wat n onderwyser in Kirkwood was), hulle sponsies genoem. Sponsies vra jy ! ?, ja, want hulle het die veld droog gespeel voor die under 11's en 13's begin speel het. As jy weer met hom praat vra hom of hy dit ondou, maar ek twyfel.

Anyway, wil nie te veel aangaan nie, maar ek geniet die show baie, en sien na die volgende ruggers - potgooi uit. (en die Attie en Lene potgooi ook, voor ek nou onmin in die huis bring !)
 
hey attie.

het jy geweet die sjinese woord wir repetisie en herhaling is dieselfde?

hey sorry as ek biejtie hard is op jou, maar om vir lene' uit die nuuste show uit te los is onvergeefbaar. (is daai 'n woord?)

rugby gesels saam met thinus delport is cool en alles , maar werklikwaar, meeste ouens skakel in op jou podshow om van lene' te hoor - as ek nou maar eerlik kan wees met jou.

lene' ek hoop dit gaan beter met jou en ek hoop attie hou nie jou uitsaai loopbaan te veel terug nie.

alles van die beste.

mooi loop,
kuberkoos.
 
attie, het sommer jou been getrek omdat lene' nie in hierdie show is nie.

die show was baie goed, soos gewoonlik en dit was lekker om thinus se opinies en ervarings te hoor.

alles van die beste.

mooi loop,
kuberkoos.

PS: ek het laas naweek deurgery bloem toe vir die cheetahs/bulls game, geluk met jou span.
 
Post a Comment



<< Home

This page is powered by Blogger. Isn't yours?